Siembamba Naskool Akademie
Wat bied ons?
- Slegs die beste hulp en sorg word vir u kind beoog!
- U kind se huiswerk word onder toesig en hulp van ‘n onderwyseres gedoen.
- Gebalanseerde middagete direk na skool en verversings 15:30.
- Snoepie op Vrydae = R 10
Gr 1-3
- Ons poog om op ‘n liefdevolle wyse leer as ‘n positiewe ervaring by die kind te vestig, deur ‘n veilige omgewing te skep en te onderhou.
- Klein groepies.
- Individuele aandag aan elke leerder is vir ons baie belangrik.
- Ons versoek dat ouers weer hersiening by die huis doen.
- Kontroleer ook u kind se huiswerkboekie.
Gr 4-7
- Hulp met studiemetodes.
- Klein groepies.
- Individuele aandag en hulpverlening met huiswerk.
- Gekwalifiseerde onderwyseresse.
- Ons versoek dat ouers weer hersiening by die huis doen.
- Kontroleer ook u kind se huiswerkboekie.
Tye:
Skoolkwartale:
- Stiptelik direk na skool tot 17:30.
- Openbare vakansiedae gesluit.
Vakansieversorging:
- 06:30 tot 17:30 geen ekstra betaling, ingesluit by Naskool maandelikse fooi.
Fooie:
- Tariewe is streng vooruitbetaalbaar voor of op 3de van elke maand. Vanaf Januarie tot Desember.
- Geen terugbetalings vir afwesighede van watter aard ookal.
- Leerders van Laerskool Louis Leipoldt: R 1 500 per maand (12 maande)
- (sluit vervoer vanaf skool tot naskool in).
- GEEN EKSTRA KOSTES GEDURENDE VOLDAG BYWONING TYDENS SKOOLVAKANSIES.
- Dagbesoekers Vakansies R 180 per dag.
Vervoer – Buitemuurse aktiwiteite:
- Afsonderlik betaalbaar van Naskoolfooi
- Siembamba “Shuttle Service” diens beskikbaar teen:
- Geen ekstra aktiwiteite vervoer sal op Vrydae plaasvind nie.
- R 150 per aktiwiteit per maand.
- Ouer bly verantwoordelik vir vervoerkostes al sou aktiwiteit nie elke week deur die maand plaasvind nie.
- Rig navrae indien u van diens wil gebruik maak.
Benodigdhede:
1 x per jaar, aanvul soos benodig:
- Gemerkte roomysbak
- Inkleurpotlode
- Pritt
- Stomppunt skêr
- 10 x HB-potlood
- Uitveër
- Skerpmaker met bakkie